.
 

Goele kos vir goeie Leefstyl

DIE jaarlikse Gastronomica-fees op Knysna het reeds Saterdag begin en duur tot Sondag.
Die fees sluit vanjaar n professionele sjokolade-en-patisseriewerksessie in wat deur die Amenkaanse kampioen-fyngebaksjef En- Mmg Hsu aanbied sal word.
Gastronomica is n voedselfees waar kos slegs een van die bestanddele van n hele ensemble is, waar vermaak, kookkuns, musiek, mode en opvoeding die agtergrond skep vir n kookkunsgeleentheid soos geen ander nie.
Die fees sal opbou tot n sjefpartytue wat beloof om n opdien-extravaganza te wees. Vir hierdie galadinee van gastronomiese proporsies sal deelnemende sjefs n kursus oor die vyfgangspyskaart aanbied.
Groot TV-skerms sal gaste toelaat om al die talentvolie sjefs in aksie te sien.
Gastronomica is enige kosliefhebber se paradys met tien dae van praktiese werksessies, demonstrasies, kompetisies en besprekings.
Vanjaar se tema, Van die Aarde na die Bord, verenig n uiteenlo-~ende spektrum van koskenners van internasionale en nasionale sjefs, restauranteienaars, kookentoesiaste, toeriste en plaasllke iiiwoners, tot die boere en werkers wat die bestanddele produseer.
Besoekers sal ook n kans kry om hul spiere te wys met n praictiese Fantastiese Brood vir iou Famiie en Vriende-werksessie met die bekroonde skrywer en sjef Jeffrey Hamelman. Terwyl hul ouers hu~ kookvaardighede opknap, kan kinders tussen 4 en 12 hul voorskote aansit vir die Kinderkookkuns-werksessie wat deur Hungry Heads Gourmet Foods aangebied word.
Hier kan hulle leer hoe om koekies, pizza, lekkers en ander lekkernye te maak.
Daar sal ook n A-Z-bruiofjaarmark wees met a uitgebreide program, insluitend die vertoning van trourokke by die Royal Romancernodeskou en n teemaaltyd.
Behaiwe die viering van n liefde vir goeie kos, het die fees ook n groter agenda: om deelnemers aan te moedig om n leefstyl te voig wat kos met integriteit msltut.
Hierdie leefstyl sal by Knysna se top-restaurante vertoon word, wat feesspyskaarte sal aanbied met bestanddele wat in seisoen is, soos bloubessies, aarbeie, artisjokke, sampioene en aspersies, en sal 00k disse wat geen preserveermiddels, kleurmiddels, of bestanddele soos MSG bevat of gevries is nie, aanbied.
Besoekers kan ook die drie dae lange Voedsel met Integriteit-mark besoek en boere en werkers van die Tuinroete en Klein-Karoo ontmoet en hul natuurlike organiese produkte ervaar.
Ons wil he dat mense nie net dit wat hulle eet geniet nie, maar ook bewus is van waar die produk vandaan kom. hoe dit gekweek is, the prosesse wat betrokke is en ook tht geniet om die disse voor te berei.
Dit sodat die verbruik van kos nie n bewustelose besluit is nie, het me. Pat Mulder, besturende direkteur van Gastronomica, ges. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.gastronomicakny.co.za of skakel The Boatshed, Thesen-hawedorp by U 044 302 5749.
Besoek www.gastronomicalmy.co.za vir meer besonderhede.
Gastronomiba, n voedsetfees soos mm vind vandeesweek plaas op Knysna

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.