.
 

Bekende bakker wys op Knysna hy is sy sout werd

KNYSNA. Soos n kombuis sonder n stool is hoe die Kanadese bobaas-broodbakker Jeffiey Hanielman sonder n stukkie deeg in sy hande sou wees.
Hamelman het Saterdag n yakman-broodMas by die Gastronomica-voedselfees hier op Thesenelland aangebied. In sy kombuis is hy puntenerig en presies die resultaat van byna 30 jaar as een van die wreld se voorste bakkers, wat reeds lande soos Brasii, Frankryk en Japan besoek het. Onder Hamelman se hande kry die dunste stukkle deeg lewe.
Daar heers byna n gewyde stilte in die kombuis terwyl hy besig is met n demonstrasie. So nou en dan maak een van die jong bakkers n grappie onderlangs. Een van die broodskeppmgs kom uit die oond.
Dit is n perfek gevormde blom.
Hamelman se vlytige hande en kreatiwiteit wys waarom hy tans direkteur is van die Bakery and the Baking Education Centre by die King Arthur Flour Company in Norwich, Vermont.
Oor die jare heen het prestasie en eer horn slaafs nagevoig.
Sy boek, Bread: A Baker~s Book of Techniques and Recipes, is beloon met die Julia Child-prys vir die beste kookboek van 2005.
In 1996 was hy die kaptein van die Amerikaanse bakspan wat hul land In Parys, Frankryk, by die Wreldbeker-balckampioenslcap. pe verteenwoordig het.
In 2005 het hy die Golden Baquette Award ontvang watjaarllks cleur die broodbakkersgilde van Amerika aan n indilvidu toegeken word vir sy bydrae tot die bakkers. kuris. In 1998 was hy die 76ste ge~ sertifiseerde meesterbakker in Amerika.
Tradisie en leergierigheid is twee van die belangrikste aspekte wat n bakker in sy loopbaan moet onthou, s Hamelman.
Die suksesvolle Gastronomicafees is vanjaar vir die tweede keer op Knysna aangebied. Hamelman het die platform gedeel met 15 ander sjefs, waaronder die bekende Amerikaanse deegsjef En-Ming Hsu, wat n deeg-konsultasiemaat. skappy In Las Vegas bedryf Nostalgie, musiek, heerlike kos en kuns was vanjaar die kouig van die Gastronomica-fees.

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.