.
 

Sjefs kook dat dit klap by kosfees

KAAPSTAD. - n Plaaslike kosghoeroe gebruik vanjaar se Gastronomica-kosfees in Knysna om aspirant-sjefs en smulpape se kookkuns te slyp.
Mnr. Paul Hartman, van die Suid-Afrlkaanse Akademie vir Sjefs in Observatory, is een van die besoekers aan die week s~ Gastronomica.
Hy sal verskeie werksessies en demonstrasies vir sjefs en die publiek aanbied.
Hartman het namens die akademie n gratis basiese opleidingskursus vir 12 werknemers van restaurante in Knysna aangebied.
Die kursus, wat Saterdag gehou is, was om sy vaardighede aan plaaslike kokke en restaurantpersoneel oor te dra.
Baie kokke wat in die restaurantbedryf werk, het nie formele opleiding nie. Dlt wat hulle weet, het hulle in restaurante se kombuise geleer, het Hartman ges.
Ons wil he dat personeel van restaurante in Knysna ook voordeel uit die Gastronomica moet trek. Tydens die kursus het opleldingspersoneel, insluitend kokke, kombuispersoneel en huishoudsters, die geleentheid gehad om n ete onder Hartman se leiding voor te berei.
Hulle het ook waardevolle wenke tydens die kursus geleer.
Dit is alles om hul selfvertroue in die kombuis te ontwikkel en om mense te besiel om sjefs te word. Bekendes in die koswreld woon die Gastronomica by. Ver~ skele plaaslike en internasionale sjefs sal ook hul kookvernuf tydens die fees ten toon stel.
Me. Cindy Evans, van Splash PR & Media Consultants wat die kosfees bemark, het ges kaartjies vir al die werksessies en demonstrasies Is reeds uitverkoop.
Daar is baie meer mense as verlede jaar wat die Gastronomica bywoon. Dit is absoluut fantasties, het sy gister opgewonde aan Die Burger ges.
Die weeklange fees eindig Maandag.
Om meer uit te vind, kan be-Iangstelllendes www .gastronomicakny.co.za op die web besoek of ~ (044) 302 5749 skakel.
Mnr. Paul Hartman en me. Michelle Tomtsl toets hul tamatlesous by dIe Gastronomlca-kosfees In Knysna.

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.