.
 

Gastronomica n kosfees soos min

KNYSNA. -~ Die kiem van die derde Gastronomica-fees wat vanjaar weer by Thesen Harbour Town aangebied word, val opnuut op vars, natuurlike kosprodukte en die voorbereiding daarvan.
Op die fees word plaaslike persoonlikhede, kultuur en talent vereer en dis n uitstekende geleentheid vir die dorp en die ganse Thinroete om hul toeriste-attraksies uit te stal.
As deel van Gastronomica se toewyding tot die ontwikkeling van vaardighede in die kosbedryf, het die Suid-Afrikaanse Sjef-akademie (Saca) n gratis kookkursus vir 12 vierkers van restaurante in Knysna aangebied.
Baie van die kokke in restaurante het geen formele opleiding nie en het dit wat hulle weet in die kombuis geleer ons wil he hulle moet ook by Gastronomica baat vind, se mnr. Paul Hartman van Saca.
Die kiem van die fees val op die gebruik van die varsste bestanddele wat deur gekeurde boere en ander verskaffers direk aan die restaurante verskaf word.
Verskillende restaurante in die dorp vorm dan ook deel van n restaurant-roete. met die klein op die kooktalent en voorbereiding van vars, natuurlike produkte wat aan hulle gelewer word.
Die deelnemende restaurante bied n spesiale Gastronomica-spyskaart op die fees aan, met produkte wat in seisoen is, vars en wat sonder enige chemikal lee ofstirnulante gekweek is.
Daar word ook geen preserveermiddels, kleurstof of enigiets anders by die produkte of met die voorbereiding gevoeg nie. en geen bevrore of langlewe-produkte word gebruik nie.
Die Gastronomica-kosfees. wat reeds Sondag begin hot, hou aan tot Maandag 1 Oktober.
Kaartjies vir die fees is beskikbaar by die Boatshed, Thesen HarbourTown,ofskakel ~ 044 302 5749 vir meer inhigting. - Suid-Kaapse redaksie

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.