.
 

Press Release July 2008 - "'n 'Slow Food' toer van formaat"

‘n “Slow Food”- Toer van formaat

Die bewusmaking van kos trek elke jaar tydens Gastronomica Knysna belanghebbendes bymekaar.  Die Gastronomica Fees, 24 tot 28 September, promofeer hierdie jaar die “Slow Food” Industrie – heerlik, skoon en billike kos.

Heerlik impliseer hier die natuurlike smaak en tekstuur, vars en seisoengebonde;  skoon – vry van gif- en spuitstowwe  en billik – erkentlikheid teenoor alle partye in die voedselketting.  Deur aanmoediging en demonstrasie van hierdie beginsels is dit Gastronomika se uiteindelike doelstelling om ‘n betekenisvolle en volhoubare lewenswyse en gemeenskap te vestig.

Om hierdie beginsels te ondersteun, word alle bestanddele wat gebruik word plaaslik verkry,dus vars en seisoengebonde.  Elf plaaslike deelnemende restaurante het onderneem om hulle binne hierdie riglyne van voedselaanbieding te hou, wat dan ook beteken geregte aan te bied vry van enige MSG, by-  kleur-  en preserveermiddels.

Heel toepaslik skop die fees hierdie jaar af op Erfenisdag,24 September. Beplanning vir die dag sluit in lewendige optredes,kindervermaak en kookdemonstrasies – natuurlik met plaaslike produkte,vars seevis en komplimenterend met ander kultuur-invloede,insluitend ‘n smakie van Indië.

Die interessante,wisselende programme strek oor vyf dae en dit sluit in leersame praatjies wat fokus op biodiversiteit, die aankoop van gehalte,vars produkte; spyskaartbeplanning met inbegrip van die hantering van voedselintoleransievlakke.

Die Gastronome kan kom leer hoe om Sushi te maak,kan sjokolade-proe-sessies en werkswinkels bywoon, asook die harmoniëring van watertandgeregte met enkel gedistilleerde Mout Whisky.

Verdere hoogtepunte in die program is die reeds beroemde Gala-aand,Saterdag 27 Sept. Vanjaar se tema:”’n Fees met Intriges”, asook ‘n Simfonie Orkes optrede en Kunsmark, Sondag 28 Sept.


Gastronomika beplan ook die bevordering van ‘n afvalvrye-fees deur ‘n demonstrasie van natuurlike en bioafbreekbare versierings,houers en geskenkpapier.

Bespreek die datums 24tot28 Sept. in jou dagboek en kom neem ‘n “Slow Food”-Toer in Knysna. Gastronoom al dan nie, Gastronomika sal die sintuie met mekaar laat trou en jou wys hoe om te eet en te lewe – heerlik,skoon en billik.

 

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.